Show simple item record

dc.contributor.authorHamman, Abraham
dc.contributor.authorNortje, Windell
dc.date.accessioned2017-06-08T13:38:37Z
dc.date.available2017-06-08T13:38:37Z
dc.date.issued2016
dc.identifier.citationHamman, A. J. & Nortje, W. (2016). Die bekendmaking van die identiteit van anonieme minderjariges by meerderjarigheid: regverdigbaar of nie? Litnet Akademies, 13(2): 730-752en_US
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10566/2940
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10520/EJC198250
dc.description.abstractDie identiteit van minderjariges word nie bekendgemaak tydens hofverrigtinge nie. Sowel getuies as slagoffers en oortreders kry hierdie vergunning en word deur die wetgewer beskerm. Hierdie beskerming verval egter wanneer hulle 18 jaar oud word. Indien hulle nie die howe nader vir 'n verbod op die publikasie van hul identiteit nie, is daar geen remedie vir sulke persone nie. Hierdie bydrae kyk spesifiek na die posisie van anonieme minderjarige getuies, slagoffers en oortreders wanneer hulle 18-jarige ouderdom bereik. Dit word gedoen om te bepaal of hierdie persone se identiteit met die bereiking van 18 jaar bekendgemaak moet word en of hulle wel geregtig op verdere anonimiteit is. 'n Ander kwessie is of 'n veroordeelde minderjarige misdadiger anders as getuies en slagoffers by die bereiking van meerderjarigheid behandel moet word. Die moontlike effek van media-aanslae op die emosionele ontwikkeling van sulke 18-jariges word ook onder die soeklig geplaas. Verskeie bepalings in Suid-Afrikaanse wetgewing word ontleed wat wel die identiteit van minderjariges beskerm. Die twee uiteenlopende gevalle van Zephany Nurse en die Griekwastad-seun word met mekaar vergelyk. Die een was 'n slagoffer in 'n babadiefstalsaak en die ander 'n veroordeelde minderjarige oortreder. Albei is nou ouer as 18 jaar en waar die een se huidige identiteit deur 'n hofbevel beskerm word, is die ander se identiteit al verskeie kere bekendgemaak nadat hy 18 geword het. Daar word ook verwys na 'n Engelse saak waar beslis is dat twee veroordeelde minderjarige oortreders se nuwe identiteite wel verswyg moet word na hulle 18 jaar oud geword het, omdat die familie en vriende van hul slagoffer moontlik die wet in eie hande kon neem. Daar word aanbeveel dat die wetgewer oorweging daaraan moet skenk om die bekendmaking van die identiteite van minderjarige getuies, slagoffers en oortreders by die bereiking van 18-jarige ouderdom te hersien.en_US
dc.language.isoafren_US
dc.publisherLitNet Akademiesen_US
dc.rightsPublisher has granted permission to upload the published version of this article.
dc.subjectBekendmakingen_US
dc.subjectBeskermingen_US
dc.subjectEmosionele skadeen_US
dc.subjectGriekwastad-seunen_US
dc.subjectMediadekkingen_US
dc.subjectMinderjarigesen_US
dc.subjectOntwikkelingsfaseen_US
dc.subjectPublisiteiten_US
dc.subjectVerswyging van identiteiten_US
dc.subjectZephany Nurseen_US
dc.subject18-jarige ouderdomen_US
dc.titleDie bekendmaking van die identiteit van anonieme minderjariges by meerderjarigheid: regverdigbaar of nie?en_US
dc.typeArticleen_US
dc.privacy.showsubmitterFALSE
dc.status.ispeerreviewedTRUE
dc.description.accreditationDHETen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record