Show simple item record

dc.contributor.authorSaal, Elvis
dc.contributor.authorLawrence, Donovan
dc.date.accessioned2019-10-07T12:32:48Z
dc.date.available2019-10-07T12:32:48Z
dc.date.issued2019
dc.identifier.citationSaal, E. & Lawrence, D. (2019). "Ons skryf soos ons praat": Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners. LitNet Akademies, 16(1), 19-63.en_US
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2019/06/LitNet_Akademies_16-1_Saal-Lawrence_19-63.pdf
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10566/5014
dc.description.abstractTaal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal. Daar is, sover vasgestel kon word, nog geen studies onderneem na die potensiële informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners nie. Die begrip sociolinguistic change (―sosiolinguistiese verandering‖), soos voorgestel en omskryf deur Coupland (2009, aangehaal in Coupland 2014b:282), word hier ingespan om aan te dui dat taalverandering in die konteks van sosiale verandering plaasvind. Die spesifieke rol wat die media speel in die demokratisering van die openbare diskoers, word pertinent belig. Die media het die potensiaal om linguistiese variante oor geografiese grense en tyd heen te versprei, wat tot groter ooreenkomste onder dialeksprekers kan lei. In hierdie ondersoek word daar gepoog om aan die hand van korpuslinguistiese metodes te bepaal tot watter mate informalisering in die skryfwerk van Noord- en Wes-Kaapse tieners voorkom, en watter ooreenkomste daar tussen die twee tienergroepe te bespeur is. Vir hierdie doel is 65 formeel geskrewe Afrikaanse opstelle van Afrikaanse graad 10-leerders in twee verskillende provinsies (die Noord-Kaap en die Wes-Kaap) versamel. Hierdie twee stelle data is met mekaar vergelyk in terme van hul spreektaalkenmerke, asook die frekwensies van die kenmerke. Die bevindinge van die ondersoek dui daarop dat beide Wes- en Noord-Kaapse tieners gebruik maak van algemeen gebruiklike omgangsvorme en dialektiese merkers in hulle skryftaal. Van die frekwentste spreektaal- grammatiese vorme wat in die skryftaal van tieners voorkom, is die eiesoortige voorsetselgebruik, agteropplasing van uitdrukkings, die ongewone werkwoordpatroon, die regularisering van werkwoordvorme en die weglating van lidwoorde, werkwoorde, onderwerpe en voegwoorde. Die belangrikste verskille tussen die twee tienergroepe is op dialektiese gebied. Noord-Kaapse tieners is, vergeleke met hul Wes-Kaapse eweknieë, meer geneig om streeksmerkers in hul formele skryfwerk in te span. Die bevindinge dui op ’n stilistiese skuif in die rigting van informaliteit in die geskrewe Afrikaans van tieners.en_US
dc.language.isoenen_US
dc.publisherLitNeten_US
dc.subjectAfrikaanse tienersen_US
dc.subjectDialektiese variasieen_US
dc.subjectGeskrewe Afrikaansen_US
dc.subjectKaapse Vernakulêre Afrikaansen_US
dc.subjectOranjerivierafrikaansen_US
dc.title"Ons skryf soos ons praat": Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tienersen_US
dc.typeArticleen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record