Nagjakkals, Hendrik Januarie
Abstract
Hendrik Januarie se debuutbundel Pro rata wat in 1989 by Perskor verskyn het, gee reeds 'n aanduiding van hierdie digter se vermoë om indrukke - onder andere van die natuur, landskappe, vergankliklikheid en die sikliese aard van lewe en bestaan - onder woorde te bring. Hierdie bundel toon ook sy voorliefde vir alliterasie (kyk "etenstyd") en ironie.